Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 17 Julie 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga,vir Sondag 17 Julie 2016 gelees deur ________________________ (jounaam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik op HF sowel as op verskeie BHF en UHF herhalers uit. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-posteontvang.

Ons begin ongelukkig vanmore se bulletin met nuus van ‘n stil sleutel. Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Tom Cooper, ZS1PS, vroeg Dinsdagmore, 12 Julie 2016.

Tom het sy amateurradio loopbaan begin op 17 jarige ouderdom en was aktief tot en met sy afsterwe op 82 jarige ouderdom. In 2001 het Tom vanaf Pretoria, waar hy die roepsein ZS6TC gehou het, verhuis na Kaapstad waar hy saam met sy vriend Buddy, ZS1MP, die FBARC by die Vishoek hoër skool begin het.

Hy was ‘n aktiewe raadslid van die FBARC en redakteur van die klub tydskrif “Dialog”

In 1951 het Tom by die SARL aangesluit en was ononderbroke lid vir die volgende 56 jaar

Tom was lid van die raad van ingeneurs van Suid Afrika en was welbekend met die registrasie van profesionele ingeneurs en technici. Hy was onder andere werksaam by Krygkor en het ook by tye in Engeland en Italie gewerk.

Ons innige meegevoel aan sy familieen vriende gedurende hierdie tyd

[PAUSE]


IN DIE NUUS VANDAG

SESDE JEUG OP DIE LUG WEEK

SARL HELDESAAL OP DIE WEB

BEURSE VIR RAE STUDENTE


** Gister Saterdag 16 Julie het die 6de Jeug op die Air week begin met meer as 100 jongmense van 30 Streek 1 lid verenigings, insluitende 'n IARU Streek 2 span van die VSA asook 'n span van Suid-Afrika. Die YOTA week word aangebied deur die Oostenrykse lid vereniging, OeVSV by Wagrain in die Oostenrykse berge. OeVSV vier trots hul 90ste bestaansjaar.

Die jongmense sal baie pret met amateurradio hê, daar sal baie werkswinkels wees wat hulle die optimalisering van hul vaardighede in elektronika kan verbeter en sal baie nuwe internasionale vriende maak. Sommige van die aktiwiteite is - SOTA, COTA, voortplanting in 'n ys grot, die bou van 'n tuisbou HF antenna en die gebruik van die antenna vir 'n SOTA stasie, met 'n Rasberry Pi werk en 'n WSPR baken maak of dit met DV4mini gebruik vir digitale spraak, HAMNET (amateur radio en internet netwerk) en die beroemde interkulturele aand waar almal kos en drinkgoed uit hul eie land bring.

Op Maandag 18 Julie om 10:25 UTC, sal daar 'n teleskakel ARISS kontak met ruimtevaarder Jeff Williams, KD5TVQ, wees wat die jeug 'n onvergeetlike ervaring sal gee. Meer inligting en lewendige opdaterings van die gebeurtenis is beskikbaar by www.ham-yota.com/austria/. As jy wil graag 'n QSO met een van die jong mense wil maak, luister uit vir OE2YOTA wat sal wees op die lug op die meeste bande en op verskillende modusse.

** Tydens die SARL se gala dinee is die eerste persone om opgeneem te word in die SARL se heldesaal aangekondig.’n Kort artikel oor elk van hierdie persone is nou op die liga se webblad beskikbaar, volg die skakel op die tuisblad.

Die SARL se Amateurradio Heldesaal is ook op as besprekingspunt tydens die komende Spesiale Jaar Vergadering op 30 Julie 2016. Tjerk Lammers, ZS6P, sal onder andere die benoemings proses wat gevolg word verduidelik en daar word verwg dat hy ook ‘n mosie sal indien om weer 10 persone tot die heldesaal toe te laat gedurende die volgende AJV.

Indien hierdie mosie aanvaar word baan dit die weg om die proses weereens aan die gang te sit vir die 2017 AJV.

** Die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelings Trust Tony Reumerman beurs fonds stel weer twee beurse beskikbaar vir persone onder die ouderdom van 25 wat beplan om die RAE af te lê in Oktober 2016. Elke beurs beloop R 1000,00 en dek die opleiding en eksamen fooie. Om aansoek te doen vir hierdie beurs voltooi die vorm wat beskikbaar is op die web by www.amateurradio.org.za.
Die sluitingsdatum is 15 Augustus

** Tot op hede het die Suid Afrikaanse Radio liga reeds 971 lede vir die boekjaar 2016/2017. Ses-en-twintig klubs het hul affiliasie hernu. Ledegeld is betaalbaar op 30 Junie, maar die databasis sal slegs aan die einde van Augustus skoongemaak word. As jy in paaiemente wil betaal, reël asseblief met die Liga kantoor.

Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
ZS1LJ Liam Jordan
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

** Hierdie winter word beskou as die koudste in baie jare met heelwat koue fronte wat die land vanuit die Suide bestorm en oor die Suid en Oos kus beweeg.Hierdie toestande bring mee dat die lug temperatuur vanaf die oppervlak daal soos wat dit hoër styg. Wanneer daar dan nie warm lug lae teenwoordig is wat temperatuur skommelinge kan aanwakker nie kan Tropo versterking en selfs geleiding nie plaasvind nie. Gelukkig is warmer dae net om die draai met hul verwagte aankoms in Augustus. Dan kan ons weer vir die volgende agt maande of selfs meer uitsien na uitstekende tropospheriese omstandighede wat lang afstand kommunikasie sal aanwakker op BHF.

** Die organiseerders van die ZS5 naelloop betuig hiermee hul dank aan almal wat deelgeneem het in die naelloop. Toestande was nie te waffers met verskeie ZS zones in mekaar se nul zones. Almal wat deelgeneem het, het egter baie pret gehad en ‘n totaal van 26 logstese het die organiseerders bereik.

Die eerste drie plekke is as volg
1) ZS2DK Mitch Rundle 91 Punte
2) ZS5DCF Deon Fraser 69 Punte
3) ZS1TMJ Sydney Smith 66 Punte

** The Centurion Radio Amateur Club het onlangs hul 41ste AJV gehou waartydens die volgende persone tot hul kommitee verkies is
Voorsitter: Pam Momberg ZS6APT
Ondervoorsitter: Wally Moll ZS6BCI
Sekretaris: Billy Strumpher ZS6WPS
Tesourier: Pam Momberg ZS6APT
Tegnies: Johan Keulder ZS6CAQ
Sosiaal: Gert Viljoen ZR6BV
Baie geluk aan die nuwe kommitee!

** En tydens die Wes Rand Amateur Radio Klub se sestigste AJV gehou op die 9de Julie 2016 is die volgende persone tot die klub kommitee verkies.

Voorsitter: Geoff Levey - ZS6C
Ondervoorsitter: Nic Van Duffelen - ZR6AEZ
Tesourier: Gert Du Plessis - ZS6GRT
Sekretaris: Phillip Van Tonder - ZS6PVT
Lede: Rory Crouch - ZS6RBJ, Michelle McNelly - ZS6MEM, Graham McNelly - ZS6GPM en Kyle Mileham - ZS6WTF
Gekoopteerde lede is Keith Liddle - ZS6AGF, Willem Weideman - ZS6X, John Brock - ZS6WL, en Nick Dreyer - ZS6NCK.
Baie geluk ook aan hierdie lede

** Die ZS2 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontak tussen radio amateurs in die Oos-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Die Naelloop sal plaasvind volgende Sondag 24 Julie 2016 vanaf 14:00 tot 15:00 UTC. Dit is 'n foon en gelykgolf kompetisie op die 40-meter band met gelykgolf tussen 7 000 en 7 040 kHz en foon tussen 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz en die uitruiling is 'n RS of RST verslag en provinsiale of land afkorting.

Telling vir ZS2 stasies is 1 punt per kontak met stasies in ZS2 en 2 punte per kontak met stasies in ander ZS roep gebiede of Suider-Afrikaanse lande. Vir alle ander stasies is dit 2 punte per kontak met stasies in ZS2 en 1 punt per kontak met stasies in eie of ander ZS roep gebiede (uitgesluit ZS2) of Suider-Afrikaanse lande. Kontak met die Port Elizabeth Amateurradiovereniging, ZS2PE, of die Border Radioklub, ZS2BRC, is 5 punte elk werd. Slegs een kontak per stasie is toegelaat.

Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein ZS2 Sprint," moet ingedien word teen 31 Julie 2016 en gestuur word aan zs2ec@vodamail.co.za. Sertifikate sal toegeken word aan die 1ste 2de en 3de plek, maar slegs as meer as vyf logs ingedien word.


** Die SARL nuusspan bestaan uit 'n groep vrywilligers wat weekliks die nuus wat ingestuur word saamstel, redigeer en ook proeflees voordat dit dit aan die res van die amateurs in Suid Afrika beskikbaar gestel word om op Sondag gelees te word. Hierdie groep het begin met slegs twee persone so paar jaar gelede maar het gegroei tot ongeveer 12 lede tans. Ons wil egter keer dat hierdie groep stagneer en rig dus 'n versoek aan ons amateur vriende om betrokke te raak by hierdie groot poging. Die nuusspan word verdeel in groepe wat ongeveer elke derde week verantwoordelik is vir die bulletin. Indien jy bereid is om so ongeveer 1 uur elke drie tot vier weke aan amateurradio af te staan en deel wil word van hierdie span vrywilligers wat elke week soveel ander op hoogte hou met gebeure in die Suid Afrikaanse amateurradio wêreld, kontak asseblief vir Dawie, ZR6DHC, via epos, by zr6dhc@zs6rtb.co.za

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 28 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20m band verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Voor ons groet, kom ons kyk na so paar belangrike gebeure wat voorlê:

Vanaf gister 16 tot 23 Julie - Die IARU streek 1 Somer jeugkamp in Oostenryk
24 Julie - die ZS2 naelloop
30 Julie – SARL Spesiale Algemene Vergadering
30 Julie - Centurion Amateur Radio Klub 41 jaar herdenking
30 en 31 July - RSGB IOTA Kompetisie

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Indien jy graag betrokke wil raak by die SARL nuusspan stuur asb epos aan zr6dhc@zs6rtb.co.za

Luister ook elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie, ZR6DHC, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003